today's page
This is where it all happens. The heartbeat of thebookwewrote. Once you’ve caught up with the story so far, review the entries for the next page and cast a vote for your favourites. If you want to submit your own entry, make sure it relates to the correct page of the book and work fast to make sure you don’t get left behind!
page 1
NatashaSaturday 16th of May 2020How can one delete a whole person from your past? Can you? Yes and no. It's not as simple as just leaving them be. It's more complicated. It takes time and patience, real determination. It also needs to be a serious act. Removing someone from you past isn’t a decision one makes lightly. It must be something you go into willingly with great understanding of the meaning. There's been one human I have erased from my life purposely. A person I knew for years. Knew them intimately, completely and wholeheartedly. Memories and moments, songs and keepsakes. Knowing someone isn’t just something small. It's that place you went and sat that time you were together. It's the songs you sang together, those movies you watched. The late nights, the inside jokes, the one look conversations in crowds. It's the relationships you have together as well as with each other. I knew your mother and sister, I played with your dogs and spoke to your neighbours. We met her and him... became friends with them together. It's not just me and you that break, it's an entire life. I had to remove you piece by piece. Month by month. And memory by memory. I had to change the way I remembered my life when we were so interwoven. I'll never be able to remove you completely. I'll still think of you whenever I hear that song and see that road leading up to your house. I had to make peace with the fact that we had good times and that I cant erase everything, especially not the good, because you broke me. Deleting someone is not easy. It's very hard in fact. It can be done. It has been done. The truth is...you were a chapter in my life, that cant be taken away, but now I'm on book 27 chapter 5, and you reside many books back and even more chapters before. |
Amanda RaathWednesday 29th of April 2020Daar's baie werk, ja. Sy weet dit. Daar is al weke lank baie werk. Om dinge te vererger, smelt die dae inmekaar en raak dit moeilik om te onthou. Dis seker hoe oumense voel wanneer hulle uiteindelik aftree: die dae verloor hul belangrikheid en al wat skielik saakmaak, is ontbyt, middag- en aandete. En tee. Soveel tee. Hoe anders moet mens die dag meet? Die syfers op die horlosie het irrelevant geword en die son daag so min op dat ons nie ons vertroue daarop kan sit nie. Die koue het saam die wolke nader gekruip. Blykbaar sneeu dit iewers. Maar wat maak dit saak? Vandag moet sy haar gedagtes in toom kry. Dit bly wegdwaal na die wolke, na die wêreld daar buite. Sy was darem laas Saterdag buite vir 'n uur of wat. Maar wanneer sy buite is, is daar ook nie veel om te sien nie. Slegs 'n paar doellose bedelaars wat wonder waar hul krag en brood vandaan gaan kom en enkele karre wat ook iewers heen oppad is. Die winkels is stil, en die rakke is oorvol. Al wat sy eintlik wou koop, was brood en melk. Maar die oorlewingsintuig skop gewoonlik in as jy buite is, en dan maak jy reg vir die einde van die wêreld. Sy giggel. Die einde van die wêreld? Met vol winkelrakke en almal in hul huise? Twyfel. Kan nie wees nie. Waar's die zombies en al die ander gediertes wat in ons films leef? Daar is één gedierte wat wel sy verskyning maak deur die dag en nag. Sy kan hom nie sien nie, maar sy voel hom. Dis die stilte. Sy kan hom probeer uitjaag met 'n speellys van haar gunsteling liedjies, maar na 'n ruk raak sy moeg vir die musiek en nooi sy hom sonder om te dink terug by die deur in. Hy wag vir die oomblik wanneer sy weerloos is, en dan sak hy toe en die donker wolke van buite drom saam om haar kop. En soos 'n cumulonimbuswolk dreun dit en begin die druppels val. |
Amanda RaathThursday 23rd of April 2020Donderdagmiddag. 'n Paar verdwaalde strale son val die sitkamer binne. Dis doodstil behalwe vir 'n hond wat 'n blaffie gee en voëls wat saam gesels. Dis nie iets wat jy sal agterkom nie, maar vir haar is dit 'n hoogtepunt wat net een maal per dag na haar kant toe kom. 'n Effense glimlag vorm op haar mond en haar hart gee een klop ekstra, want die herfsson is sag en het nie vergeet van haar wat voor haar rekenaar sit en met die sweet van haar aangesig deur die dag gaan nie. Nee, die son het haar onthou en weet dat hierdie tyd van die middag swaar raak. Donker wolke wil-wil in haar kop begin saamdrom, en al waaraan sy kan dink is om nog 'n koppie koffie te gaan haal. Hoekom is dit elke dag se stryd? Hoekom kan sy nie net sit vir nog twee ure en klaarmaak nie? Alles het verander 'n maand gelede. Een dag het die president op die TV verskyn en vir almal beveel om in hul huise te bly. Daar's 'n siekte daar buite en mense sal doodgaan. So nou sit sy maar wetsgetrou in haar klein kothuis en raak al hoe meer angstig. Wat veronderstel was om 'n avontuur en geskiedkundige gebeurtenis te wees, het ontaard in 'n donker plek. Dalk oordink sy net alles. Dis tog nie so erg nie, die stilte is hemels. Om vyfuur vanmiddag sal die ganse weer oor die dak vlieg, oppad water toe. En natuurlik het sy ook darem nou die son wat die hele sitkamer toespoel. So hoekom kom die donkerte steeds binne? Wanneer sy naby aan trane is en gaan lê op die bank, besef sy. Dis die bome. Want kyk, as daar een ding is wat haar hart warmte bied, is dit die herfsbome, soos sy hulle noem. Dis die natuur se swanesang elke liewe jaar. Elke boom kies of hy geel, rooi, oranje of pienk gaan word net voor al die blare doodgaan en 'n droewige, vaal Afrika winter ons begroet. Daar's iets bittersoet daaraan vir haar. En elke jaar móét sy dit ervaar - van die begin tot die einde van die bome se transformasie. Dis 'n opvoering en sy kan nie vir 'n oomblik wegkyk nie. Maar hierdie jaar moet sy binne bly, alleen met 'n dag van gedagtes wat ronddwaal in die kothuis. Daar's net een boom in die tuin wat blare verwissel. Sy weet sy moet terugkeer na haar werk, sy moet probeer. Nog net twee ure. Twee lang ure. Die stilte is hemels, en terselfdetyd hel. Hoe kan ek maak asof alles okei is as ek weet dat daar 'n wêreld daar buite wag? Angstig spring sy op. Soos vele maal tevore. Sy móét net gou kyk... net vinnig. Dit sal nie eens 'n minuut vat nie, belowe. Sy sluit bewerig die deur oop en kyk op. Dankie tog, die bome het nog blare. |